All songs written by Steve Louw except 'Cowgirl' by Steve Louw and Kathleen Louw.
Throughout these 11 songs, Louw’s effervescent guitar licks and yearning lyrics dominate. The first single, ‘Wasted’, is the resigned but optimistic cry for spiritual renewal and another nod to the “Mr Green:” of the title. ‘Diamond Head’s’ soft, gruff vocals and sensitive acoustic backing is pure Big Sky as is the sweet ‘Sally And Suzie’. ‘Be My Country’ is a lilting country-rock ode to SA and ‘Cowgirl’ brings this varied collection to a calm and reflective close. There aren’t many SA musicians who can produce albums of this intensity and quality but Steve Louw’s done it three times in a row.
Stephen Segerman
Hy is geen groentjie nie. Steve Louw maak al musiek sedert die tagtigerjare, toe hy lid was van All Night Radio,en het in 1990 die groep Big Sky gestig. Twee albums (Waiting For The Dawn en Horizon) en 'n FNB toekenning later, is Big Sky terug met Going Down With Mister Green, en die album het alles wat nodig is om nog 'n mylpaal in die groep se geskiedenis te word. Die snitte wissel van 'n heerlike popwysie soos die titelsnit tot sulke grower, gatskop-bluesrock – a la ZZ Top – soos "Hitch-hike". Die onderwerpe het grootliks maar te doen met die liefde, maar ook met ander aardse waardes soos die terugkeer na die natuur, soos in die titelsnit: take off your jewels / lay them on the ground. Louw se stem is sterk en suiwer, met 'n sweempie nostalgie en wereldwysheid, maar tog lig en energiek genoeg om te spreek tot jonger luisteraars se pop-sentimente.
Partykeer klink hy mymereend, en die ver af klank van sy stem agter die melodie en ritme herinner selfs (op snitte soos "Hold Me" en "79/35") aan Bono van U2 se Keltiese anthems. Maar meesal is dit opgewekte, ritmiese, stuwende folkrock, met vernuftige verwerkings en goeie melodiee met duidelike rigting. Louw is ewe tuis in sterker rock nommers en stadiger liefdesballades. Maar die oorheersende gevoel is 'n folkagtige, akoestiese een, en in snitte soos "Take My Heart" spog die ritmiese akoestiese kitaar vir 'n aansteeklike, opwindende pas. Daar is sweempies country te bespeur in die gebruik van glykitare, so ook van blues in sommige van die patrone en die gebruik van 'n Hammond orrel. Maar as die klavier oopgemaak word in "Sally & Suzie", het dit saam met Louw se heserige stem 'n pragtige, greinerige liefdeslied tot gevolg. Stap gerus die groen paadjie saam. Dis knap uitgele en gemaklik onder die voet.