Review:
The 3rd CD in this very successful series of albums recorded at the Tassenberg Stalteater each year at KKNK in Oudtshoorn was launched at the High Street Theatre in Durbanville on Friday night.
The 17 tracks on this CD are a great way to remember the gigs if you were there (I know I was!). And if you weren't then this CD is a superb example of what is currently happening in the South African Rock, Folk and Blues scene, both in English and Afrikaans.
Sleeve Notes:
Agt dae van loutere genot in die Tassenberg Stalteater: 22 bands, 65 slots,
en etlike duisende Taskoppe wat opruk na die Baalsaal vir nog 'n
legendariese week van onverdunde bonhomie! Die Stal was vanjaar groter en
beter en ons spyskaart het elke fynproewer se smaak bevredig. Die blues het
gekook: Boulevard, Delta, Broers, Frosted en Valiant is almal wereldklas.
Kitaarhelde was gelukkig weer volop. Met sy pornosleaze sonbrille en
esoteriese gliserien haarstyl was Albertus Vries weer voor in die stoor;
gedeter-mineerd om sy Tas Mahala Tastocastor Titel tot die laaste noot te
verdedig. Die warm Tasasems van Guy Feldman (Spinnekop), Hugo en Juan (Not
my Dog), André (Battery9), Don Reynecke (Zoid) en ¹n horde jong bylsurfers
het egter die gliserien op sy agterkop laat smelt by tye.
Sangers het vanjaar ook 'n groot impak gemaak. Karen Zoid se eerste optrede
was fenomenaal. Sy het 'n nuwe sensualiteit na die stal gebring wat beide
geslagte by tye nogal kriewelrig op die populierstompe laat rondskuif het.
Sy en haar band het met hierdie uitstaande optrede 'n wel-verdiende Kanna
toekenning ingepalm.
Die legendariese bluessanger, the One 'n Only Dr. John Mostert het die
Tasmaniërs weereens oorgewen met sy charisma en glinsterende pupille (Is hy
dalk die misterieuse Glint Oosthuizen?) Anton Goosen en die veelsydige
Bushrock Band was 'n treffer met hul melodieuse folk-rock. Die Liedjieboer
het ook die Taskoppe laat rol van die lag met sy kwinkslae oor die glorified
karaoke artieste. Die verrassing was egter die vokale kragtoere van Frik E.
Diff-Olie (Stean v.d. Walt) Stean het bes moontlik die kragtigste mansstem
in S.A. rock. Luister gerus na Diff-Olie se gatskop debuut "Die Borrelbad
Insident". Gian Groen se poëtiese lirieke en sy growwe skuurpapier-stem
raak net beter by die dag. Spinnekop met Alex Power aan die stuur het
gesorg dat sy songs tot hul volle reg kom. Gerald Clarke van Delta Blue se
fluweelstem raak soos goeie rooi wyn net beter en dan slaat hy nog deesdae
ook die elektriese kitaar met mening.
Anika en haar band is besig om nuwe
velde in S.A. musiek te verken. Haar stem en kitaar het 'n kraakvarsheid
wat mens op die punt van jou stoel hou. Wouter van de Venter het vanjaar
meer akoesties benader met groot sukses .Sy groep met die veelsydige Leon op
bas/didgeridoo en die alomteenwoordige Marius Appelgryn op dromme, is
aangevul deur 'n geheimsinnige ou tannie wat skelm Tassies uit haar fles
drink! Sy blyk toe allietyd Christa Steyn te wees! Akkedis se energieke
optredes was uit die boeke. Arthur het moontlik gesorg vir die beste grand
finale toe hy op sy knieë fellatio gepleeg het met sy swart Fender dat die
enamel behoorlik spat! Barry het sy baskitaar triomfantelik deur sy amp
gedruk met tonne vibrerende feedback wat die Stal tot in sy fondamente laat
lekkerkry het.
Die Mister Min trofee vir seep-gladde optredes word gedeel deur Sons of
Trout en Scicoustic. Op glas is hierdie ouens eersteklas; op plasties is hul
fantasties! Trout word ook deur die girls gevote as mooiste band: verbeel
jou die friggin' closet planks sing die boeremeisies onder ons uit!
Scicoustic het ook gesorg vir die suiwerste opname. Brasse Vannie Kaap het
weer ontplof in 'n orgie van sweet en selluliet tot die groot vermaak van
hul hip-hop fans wat self geskoffel het dat die biesies bewe. Mr. Fat was
weer sy bekkige self en het die people lekker getune! Die kragtigste
aanslae het egter gekom van Not my Dog en Battery 9. Die Gautengers het
maar eenmaal die gritty edge op hul Kaapse kollegas, soos die Honde van
Wolmer mens altyd kliphard laat verstaan. Paul Riekert en Battery 9 het
letterlik mens se pancreas laat bewe. Goed om te weet dat sinisme, angst en
baterrysuur nog in grootmaat beskikbaar is sonder voorskrif. Iemand het
opgemerk dat André se angswekkende kitaarwerk 'n ouderdoms-perk behoort te
kry!
Dan was daar (natuurlik net om seker te maak) die gevreesde Beeskraal! Sou
iemand dalk ongeskaad ontsnap uit die Stal sal die Beeste sorg dat Baron van
Reede lyk soos die strate van Pamplona! Onbeskaamde tropmoles het weer
hoogty gevier. Boo! het die weird en wonderful departement goed
verteenwoordig met hul flambojante kostuums en eksentrieke verhoogpersonas.
Chris Chameleon se oktaan-verrykte operastemtoere het veral beïndruk. Getrou
aan die Tassenberg tradisie het die Stal vanjaar weer aan talle nuwe groepe
blootstelling gegee. Kobus! het welkome vernuwing gebring in Afrikaanse
rock. Netjies geklee in hul kispakke was Francois en Theo onmiddellik 'n
treffer en veral hul songs soos "Die Hoenderman" en "Gee Raad" het die
Taskoppe gaande gehad. 12 Hertz bestaande uit Riku Lätti en Jean Marais se
vars aanslag met akoestiese kitaar en soprano sax het vir ligter oomblikke
gesorg en dié twee het almal se favourite Stalboeties geword. Brixton Moord
en Roof Orkes was moontlik die beste sosiale studie van die week met die
hervormde sosiopaat Roof Bezuidenhout op die voorpunt.
Ongelukkig kon ons nie almal nie op hierdie album plaas nie. Red Tape en
enkele tegniese probleme was die oorsaak hiervoor. Ek glo egter ons het die
uitstekende gees van die feestelikheid goed vasgevang. Lank nadat Valiant
die Stal met 'n monster-vertoning afgesluit het, Terence die P.A. afgesit
het en almal moes waai, het hulle net eenvoudig aangepaartie! Dis hierdie
vibrasie wat die Tassenberg Stalteater onderskei van die res. Soms wens ek
mens kon hierdie gees bottel en gratis uitstort op die doofstom feesgangers
wat so uitmis. Dis sekerlik wettiger as 'n cropsprayer met liquid acid!
Baie dankie aan almal wat bygedra het tot hierdie fantastiese vibe!
Tot Weerklank!
Uys Ventura
|