Valiant SwartDiscography:
Cover art: All Valiant Swart's CD's are available on Rhythm Records Musicians:
Biography:
Ek het in 1977 my eerste kitaar by my pa gekry, toe ek elf jaar oud was. Ek het myself geleer
speel uit ‘n boek met chords en kan nou nog die presiese oomblik onthou toe alles die eerste
keer net gekliek het dit was magic. Ek dink die eerste songs wat ek kon speel was Baby Blue
van George Baker en Hush Hush Maria van Joe Dolan! Van toe af het ek geweet dat ek niks anders
as ‘n rock-ster wil word nie. In standerd 6 (1979) het ek my eerste elektriese kitaar gekry en
onmiddellik met die rock’n rollers deurmekaar geraak. Die eerste song wat ek op my electric
leer speel het, was Apaché van The Shadows, en net daarna My Sharona van The Knack. Ek het
toe begin songs skryf ook. Die groter ouens het vir my nuwe chords en songs geleer en ek het
spoedig ‘n wye repertoire opgebou wat gestrek het van heavy metal tot boeremusiek! Toe ek
eventually Bob Dylan en die blues ontdek, was dit neusie verby vir ‘n day job kry. Ek het ‘n
spiritual home gevind waarin ek vandag nog baie lekker woon, thank you very much. Info supplied by John Samson and Rhythm Records. |